Aanpasbaar


Baksteen en blikkerasie,
hittegolwe dans oor die teerplaveisel,
staan die reisigers,
afgeëts in roet.
Malend dring allerlei lyngeboë sweetgesigte
as massas in aller haas.
Tog merk jy —
enkele, onbeweeglik rustiges,
die vastigheid van verhewe klippe
in die stroom.

Dis vyf-uur in die stad.

Vandag se krae is lankal vuil,
die kouse stink,
en so meer …
En môre?
…dan traai ons weer.