Hoekom, wanneer jy met dieselfde liefde as tevore;
Hoekom, wanneer jy met tederheid voel;
Hoekom, wanneer jy deurentyd ondersteunend en liefdevol wil —
Hoekom, dat jy nog steeds die trekpas kry?
Hoe dan so?
So onverwags! So onvoorspelbaar.
Die gees van 'n nuwe identiteit
gryp haar aan.
En nou herrangskik sy;
als is beslis en kil.
Ek is nou nie meer pa nie, so sê sy;
net nog 'n volwassene.
Daai konneksie is nou net 'n verlede —
sy verklaar voortaan haarself
as autonome volwassene.
Ek is stil, sielsgewond;
nooit afgevorseer nie,
nooit opgedring nie.
Sy is vry - die keuse is hare.
Diep is my liefde, standvastig sal dit bly.
Ek wil so graag
haar in my wieke van ontferming toevou.
My hart en gees smeek by die deure van die tempel.
O, God – lei my op die sagte weg,
dat sy weer kan voel en dat ek weer kan pa wees,
… en sy my dogter;
dat sy self kan weet
dat 'n pa, die pa se liefde eg is.