Amanda,
ek het geweet ek gaan jou mis …
maar die realiteite
was erger:
die aanpassing —
die weg-vir-altyd byt.
Jy moederloos voor tien.
Én jy: moedervol tot jou laaste tien.
Dit kon eensaam en tragies
gewees het.
Tog, verbasend was dit nie.
Jou liefde leef.
Jou baie, baie babas leef.
Uit jou liefde,
jou liefde …