Amici


Dis so lekker
die aandgeselsies,
ons vriende en ek.

En wierook die oomblik smee;
lag en musiek tot die kerse uitbrand.
Lank reeds het die stad gaan rus.

Traag keer ons terug na die lewensweg.
"Wel, môre is … dis reeds vandag.
Goeienag".

Dis so lekker
die aandgeselsies,
ons vriende en ek.