As Net Jy Antwoord


Jy! …meer en meer,
Met die jonkheid
wat jy stadig afskud,
soos die vorm
van jou wese
vergestalt;
en jy as vrou
na my toe draai.
Ons lenige vingers
verenig,
om ons te snoer
waar woorde
die omvang
ontwyk.

Beide gedagtes
in 'n wêreld vir twee.