Coda

(huis vir bejaardes)


Traag en tydsaam
luier die tehuislewe.
Buite in die wintersonnetjie
tel die tyd hul af.

In laat-herfs se wagtende
rustigheid
span kaaldroë takke
ongunstig teen weer en tyd,
… en die seisoen hul een-een
leweloos laat.

Snoei ons die dorre takke
in voorbereiding
vir
    nuwe
             l o t e.