Die Gawe


'n Vloed van lieflikheid
straal uit haar,
gevul met hartsbegeertes
van ontferming en sagtheid;
Warmte wat luister en aanvaar,
oorspoel met 'n oop gewilligheid
om jou waardigheid te steun.

Die sprankel in haar gees
verwelkom jou volkome.

'n Pragtige mens —
veredel sy my.