Ek sit lank in 'n diepdink.
Is die oorlog altyd ver weg?
Die siklus sê my dat dit kom;
met Zoeloes en Xhosas
met mokerkieries en mes,
ontketende vuurwarm gemoedere
en die doodshou in elke greep.
Hoekom weet ek nie.
… in daai tye onstuimig-siedende onsekuriteit
is geld waardeloos,
die jongens slaap rond en suip,
my gestressde mense vloek hewig,
spot met God
en gierig na wins.
Ware vriende verloor die ware.
Selfdood alledaags, moord ook.
Stampvol is die tronke en strate.
Jesaja en Paulus praat mos van dié dag
wanneer niemand sal glo nie.
Wel, …
glo jy? Glo jy nog?