Die Leë Bottel


Sjoe,
Nou gaan ek moet raai,
… of dalk nie.
Hoekom is hy pal behoeftig?
Hoekom melk hy al wat kan vir geld?
Hoekom misbruik hy al wat vrou is?
Hoekom vergryp hy hom aan al wat kan bedwelm?
Hoekom wip hy hom so vinnig?
Hoekom weet jy reeds: jy gaan nooit terugbetaal word nie?

Hoekom is dit so hartseer
⁃ dat hy deurentyd verwag jy gaan hom drop.
⁃ dat hy voel en glo dat hy rubbish is?
⁃ dat hy onwaardig is;
⁃ dat ander hom nie kan liefhê nie?
⁃ dat ander nie in hom kan glo nie?

Hoekom tog het sy pa hom so mishandel?
Hoekom is hy so diep gekneus, so wantrouend?

Hoe kan hy ooit weer heel word?
Hoe kan hy vertrouenswaardig word?
Hoe kan hy geliefd word?
Hoe kan hy sy integriteit herbou?
Hoe gaan hy ooit die maalstroom van fatalisme ontsnap?

Hoe kan ons almal saam weer vasbyt aan hoop, aan geloof, en aan liefde?