Een na die ander
ontvang my met oop arms.
Elke omhels 'n teken van
jare se samesyn: lag, werk, skerts;
en 'n wedersydse begrip
in die arms van ou vriende.
Dis dieplekker om weer terug te wees;
ai, die tyd tog:
almal ouer.
Vlae van geluk,
van leed,
van pyn,
en van groei.
… maar ook gedagtig
aan dié wat ons verlaat het;
die sterftes,
die verhuisdes, soos ek
en ook die nuwes –
kinders gebore na ons saamwees.
En die wiel draai;
môre vlieg ek weer.
Voort;
met dié oomblikke vandag
ewiglik diep in my hart.