Dis daai flits
van teenstrydigheid
wat hom op jou lippe plaas;
om sy lewe
in jou pen laat kriewel
en sy stories
in die lug
laat hang.
Maar eendag
sal sy voorbeeld
wat nou moet sluimer
jou dalk nog
gaan red.