Die Uurglas


Anders was ek.
ja;
… en elders my pad.
Ek laat julle preke agter —
die bespotting, die vermyding, en die ander ondingetjies
wat jou deelwees betwyfel of ontsê.

Ongeabsorbeer sak ek na die bodem
van ons lewenskring.

Eerste syfer ek die uurglas deur
om 'n vaste fondasie te skik
in my beperkte ruim
vir dié …
die binnestebuitenes.