'n Voortjie gespit.
Omgesooi.
'n Saadjie geplant,
optimaal na aan die ondergrondsvog.
Reënwater gelei,
die saad ontkiem:
wortels na benede,
beblaarde stingeltjie na bowe —
dieper en hoër
tot blom, en vrug, en saad.
Mag ek 'n voortjie in jou lewe wees.