Dis Wie Ek Is


Hier kom 'n groot opofferingsversoek:
"Ek moet jou vra."

Bedaar. Besin. Besluit.

As dit "nee" is,
sê dit – braaf en bedagsaam.

As dit "ja" is
    – al is dit nie met opwinding nie
    – al is dit nie graag nie
    – al is dit nouliks
… is ek tog deur die oog van die naald.

Ek het 'ja' gesê.
Nou koppel ek dié verbintenis tot my volle oorgawe,
my volle ék gaan dit staaf — met oorgawe.
Met vriendelike geduld en lieftallig.
Met ootmoed en ontferming.
Met bedagsaamheid en toewyding.
Met deurdruk en met vasbyt.
Ek is hier met my alles in hierdie 'ja'.

Dis wie ek is.
Dis my inbors en my waarde.

Dis wie ek is.