Ons ry deur mooi wêreld
in die noorde van Michigan;
maar my hart is ver.
Terug in Pretoria
is my moeder,
my liewe mammie,
braaf en fier,
met die erge nuus
- deutrek met kanker.
Dis 'n vloed van vermenging -
triestig, en dankbaar,
skaterlag, en stil;
dis afskeidtyd.
Sal sy heen gaan
deur die sluier
in die arms van afgestorwenes.
Die ontslapenes het minsaam haar afgewag.
… en ons verlange
eers diep en intens,
dan tydsaam berus -
oorskouend van haar aankoms tot vertrek; die aanvaarding.
ook van ons dag, eendag.