Foute


al die gebreke
is onder druk
gelas,
en dis toegeverf
met 'n mooiweerskwas.

Toe die sprankel
welk en afwas,
het die eerste rukwind
eenheid herskep
tot
skerwe.