Logika herrangskik
uit vars gevonde emosie
— antwoorde word leidrade;
en
bou
nuwe
verbeeldingsboë
op bestaande fantasiestrukture
wat as fondasie wegsak.
Met stereotipe woordrangskikkings
probeer ek
die spil van wonder
te verklaar.