Gelofte


Toe ons kinders was,
was ons omvou in geloof,
was ons as volkie versterk deur God;
saamgesnoer in ons gebede
ons psalms, en ons gesange.
Met 'n mamma as vrou in die Here,
met liefdevolle ooms en tannies,
en al my vriende se ma's en pa's
nes my eie ooms en tannies.

Dankie vir die gelofte.
In ons uur van nood
is ons daardeur —
op die pad van geloof,
daarvoor … en ook daarna.