Dis bitter.
Die wond het weer geskeur.
Elke keer is dit meer bloed,
meer pyn.
En elke keer
verander ek 'n bietjie.
Eers was dit watte,
toe die pleisters,
toe verbande en steke …
en nou?