Heimat II


Ek gaan mos terug ja.
Agter elke bos
skop ek nog ene uit,
nuwe aksent en al;
maar die spoorelemente
van sy Boerbek
sê my
dat hy sukkel om te vergeet.

Ja, ou pêl;
Hoe dan so kop onderstebo?
Klippe kou is mos
kind of international, you know

O ja, ek dog ek sê maar net:
Ek dra 'n brandmerk
(my ma sê dis van al die jare
se getroue streepsuiker)

… en ek gaan terug
huis toe ou maat,
huis toe!