Heimat III


Diep verledes … harde realitete.
Selfbelang … oorlewing.
Die gepeupel spoeg … die wêreld slaan.
Kwaad vergeld kwaad
en beantwoord met kwaad.

Welwillendheid word die stiefkind.

Met 'n bewende kop
en bleek gesiggie
lek haar skaam tongetjie
die bitter bytmerke.