Heimat IV


Van die whiteys was ons eerste.
Die anner het later gekom
(vir die opportunity)
Nou lê die opportunity elders.
Maar môre
sal honderde klein Boerbekkies
nog kaalvoet skool toe loop,
en van al die troubles weet hul niks …

"Liewe Jesus is baie ongelukkig
as jy stout is"

"Juffrou wil hê ons moet vyf rand
skool toe bring"

Kleinjan, ek het jou lief,
Dít weet ek vir 'n feit!