In die begrafplaas
het ons tougestaan
om een-een
die tolhek
deur te gaan.
Vandag is die mense stil,
om trane en blomme
die leemte toe te voeg.
… as die volryp dag
in die skemer afkoel,
die stof weer terugkeer
en sonlig
in stilte
afsluit,
is die
verganklikheidsiklus
voltooi.
… bly gees gebind tot gees — in liefde.