Steeds snel die struike langs die pad verby.
Gaan hy ooit vannag sy tuiste kry?
Tyd verspeel, te laat bly kuier.
Lam ooglede, ook sy visie insluimer.
So saggies gesus is hy,
ritmies daal die vaak in sy ysterwieg.
Sorg ontlaai, tot klank en lig verdoof.
Op 'n stil pad rus sy lewensbesluit.
Dit bars en knal, dit vlieg en val …
… sy liggaam hang slap …