In Oënskou


Nou eers, in my ou dag,
voel ek familie.
Die ryk en veelvuldige bande:
ons vernames: in beeldhou, skilders, skrywers …
ons rykes, en ons snaakses;
en dan, ons probleemgevalle.
Sommiges het gekwyn of argumenterend verdwyn …
ons tragedies: in sterftes, egskeidings,
en genoteerde gedrag
— selfs in die pers.

Ja, ons is familie —
want dan, die heerlike kuier,
die gesogte verbintenisse
in saam eet, saambraai, en saam treur:
dis saamtyd en eiebloed verflans in saamwees.

Ooms en tantes, neefs en niggies —
ons verskil oor godsdiens, politiek, karre, en wat ook al,
maar ons is saamgesnoer.

Ons is familie.