Jou Joller!


Dit was 'n lang, lang nag;
en vir jou sal ek
nooit weer wag.
Nie eens dalkies nie!
Dit was úre vir my,
minute vir jou.
Diep diékant,
daar by jou — vlak.
Groot drome
versus
klein oomblikkies.