Kenny


My reis was ver,
en die plaas het my omvou
in sentimente wat die familiekring
tydsaam bewaar.

Soos 'n swaardslag tref die tyding
ons nagelatenes,
dat my emosie
terugdraai
na sy
eenmans-drumpel-oomblik,
om my familie
aan te voel
in ons naakte
teerheid
en saam
sy dood
te treur.

Rou gevoelens
uit stryd
en oorlog
herleef.