My reis was ver,
en die plaas het my omvou
in sentimente wat die familiekring
tydsaam bewaar.
Soos 'n swaardslag
tref die tyding ons nagelatenes,
dat my emosie terugdraai
na sy eenmans-drumpel-oomblik,
om my familie aan te voel
in ons naakte teerheid,
en saam
sy dood te treur.
Rou gevoelens
uit stryd
en oorlog
herleef.