Dis tyd.
Die verbeeldingsvlug moet ploeg.
Sy valdeur uit die lewe
het vasgeroes.
"Sy sagte velletjie gaan skeur!"
Krap hom;
(Kras en fel)
gooi hom uit,
laat die koue in hom byt.
sleep hom deur die hel.
Dis tyd.
hoog tyd.
Sy tyd!