Lewenskakels


Deur die eeue heen
was die ooglopende ooglopend,
maar nou nie meer so seer ...

Daar was ou omies en ou tannies
oupas, oumas, groot-ooms en -tantes.
my ma, my pa,
en hulle broers en susters: my ooms en tantes
en hulle kinders: my nefies en niggies,
en my eie broers en susters
en ons kinders: die oulikste seuntjies en dogtertjies.

Uitsonderings was daar -
gestorwenes, geskeides,
buite-egtelike kinders
aangenomes, en
weeskinders.

… en tog
daar is 'n stryd
in elke gemeenskap
van die ongeërgdes, die ongevoeliges
aan die een kant
en die mensliewendes en besorgdes
aan die ander kant.
Die een aanvaar dat pyn en lyding
alom is, en altyd sal wees.
"Niks gaan dít verander nie!"
Die ander glo en hoop,
bly gedagtig en verbind,
offer op, en inspireer.
"Vir diƩ een maak dit saak!"