Milwaukee


Ek kom af en toe terug.
Dis lekker, dis 'n voorreg.

Gedagtes van vervloë dae;
Grepies van die lewe;
Vordering, strewe;
Doele vermag;
Samesyn
en groei.

Maar daar was
mergeling,
wroeging,
ontnugtering,
uiterstes,
beproewing,
en uiteindelik —
die afsluit, verkoop,
die groet en dit agterlaat.

Maar ek het weer vrede gevind,
liefde en vervulling.
My geloof het verdiep
met dankbaarheid,
met waardering;
… en vandag is ek
tevrede.

En 'n bemoedigende toekoms lê voor.