My Maats; Dié Slag.


Tinkelkie tonkelkie
tiekel takel, lekkalag

BOEM!   Stop!!   Help!!!

'n Slag.

Glas.  Bloed.  Yster.
Bloed.  Frommelbloed.
Gil-bloed.  Bleek-bloed.
Bewustelose bloed.

Oop gate,
diep nat snye,
Stokstyf dooie oë,
… jong dooie oë.

In 'n oogwink
was al die
ouers daar -
stemmig en stil.

"Jammer tannie, jammer oom."

Die ysterlong haal díép asem,
maar hy's klaar,
koud en kil.