My Onbenoemde


Jou herinnering lê ver.
Agter die rand
van die sonsonderhorison
vind ek in gedagte
die tonnel
na jou geestesparadys.

Bloei jou tenger skoonheid
in die onskuld van jou jeug.

Ek rig deur die strominge van die dag,
die pad van my en jou,
om ons te wys
om 'n brug te vorm
en saam te poog;
van die koue troebel aarde
te skei.