'n Winter Sonsonder


Bleekblou staalgrys balke
oorkruis die horison;
en doer, laag gehoek
flikker yl flou vlammetjies
deur gefolterde skadu's wat
donkerder blits en woed
en met donder oor die aarde rol.
Noodlottig sink die laaste strale,
en 'n briesie bibber stilletjies.

Dis nag.