Najaar Tot Voorjaar


Dis selfs die immergroen
wat terugdeins
en met die najaarsroes
vervlek.
Dit lê swart
van die sneeu,
wit oorweldig.
Lowerloos gestroop,
tot ruwe stamtaal,
takgebare,
en 'n skelet van volwesentlikheid.
Diep verborge lê die lewe
in die voue van
'n stilwit nag
Na die lange winterwaak
ontdooi die eerste druppels
tot 'n bevrore sprankel
wat vrolik jubel
op die ewening
van verandering.