So stil
dat die eerste woord,
die sagste omskrywing
die status quo verbreek.
— ritsels wegsterwe
tot statiese
gedagte
… en ek niks meer sê nie.
want
diep,
ver binne in my;
in daardie hoekie
waar die skadu's skuil
en die pyn wegkruip,
my leed bewaar word
en al die geheime
van menswees
ontrafel:
dié tere plekkie
en soliede ringmuur
het jy afgekraak
en met die intrap
gelyk gemaak.