Onafwendbaar


Weet jy, 'n stemmetjie het my gewaarsku.
Wel, nie gewaarsku nie,
want wat help waarsku teen die onafwendbare?
… en so is dit gekome.

Van volheid tot skelet
moedig,
gepla,
verward,
treurig,
braaf,
stil.
Droef,
breƫ skouers,
berustend,
vertroos.
Hernu,
peinsend,
moeg,
eerlik,
alleen,
bewoƫ,
en so begin ek weer.

En dié keer:
met minder deurtuimelende angs,
met meer durf.
Gefokus op hoop en op vasbyt
… tot anderkant uit.
Dat ek ook eendag
bemoedigend hieroor sal kan praat.