Ons Oomblik


Die eerste lentebries
het my gemoed verhelder,
en die swaar van die winter verwilder.

Ek het buite rondgedwaal
om vernuwing van die aandlug in te wag.

'n Verandering in seisoen.

Dryfkrag van die lewensmomentum
het my losgemaak, weggeruk — vrygemaak.

My seisoensverandering.

Vol belofte was die sprong op die ewening;
en ons bane het gekruis
om 'n ruimtesfeer te vul.

Ons seisoen!