Ligbruin
donkerbruin
stowwerig en skurf —
droogverbleek.
Ekologiese geraamtes
oortrek die gedorste landskap …
Dis winter!
Die blomme sal weer open
en lewe verrys
in vrolike klank;
met kleurbeloftes in pastel
— en die sagte geur
van lente
sal sy boodskap dra.