Oorgang


Gistraand
'n Pappie, kalm en liefdelik
met sy klein vroeggebore fyn baba
in haar half-wakker, half slapies prag.
— 'n Pad begin.

Vanoggenddi e nuus
— my maatjie:
Liewe Amanda …, pas verby haar laaste teug.
Het kanker se greep
haar finaal ingehaal,
bevry van die in-en-uit beswymingstragedie.
— 'n Pad voltooi.