Op Reis


Soms bring die reis
dinge ter nagedagtenis
wat jy sien,
en die kuiers en konneksies
wat aan die lekker in jou vat.

Soms dwing die reis
in jou keel af:
droë dinge,
onsmaaklik bitter en bestekeld.

Die gegriefdes met
ysters deur die neus,
geboeide oorlobbe,
gerafelde kleding, en
be-inkte arms en bene:
dik in die lyf -
dun aan takt;
geduld en bedagsaamheid se moses.

My tuiskoms is tog ryker
in wie ek wordend wil;
bied ek groen gras en 'n vars briesie
vir almal wat oor my paadjie reis.