Rebels sensitieF
KleiNliK
Die niete is gewigtig
en sy vryheid onaantasbaar.
Die sterk hand van die gereg
breek sy dom vingertjies
en dis kop eerste in die modder.
- nóú weet hy -
Woorde het hom vasgevleg,
leuens hom openbaar;
sy paadjie word
'n doodloopmodderspoortjie.