Paraat


Plotseling,
die werksjaar is verby,
met 'n paar van my laaste take nog
— so ampertjies klaar
en die een tydsgleuf
van gister beweeg na die verlede van my gedagtes
en môre sê aan my dinge,
wat beteken dis nie meer môre nie
- dis nou.
Die tyd het oorgeslaan.

Dis nog vars en nuut,
maar dié keer
het die besef my in tyd gevang
— sodat ek gepaslik
die voordele van 'n vroegtydige bewuswording
kan munt.

En dis dié ervaring,
wat my voortaan paraat sal maak op die komende
— en daarvoor is ek dankbaar.