Swaai, en dan sweef ek.
al skreeuend, dit pols en flikker;
ek trap op die slagaar van die stad.
Met 'n rammelkas wat skree en hoes
sluip ek in sy laagste rat
die betonwoudskrefies deur.
Die hool se koue wande in roet afgewit;
hier waar die massas maal
en ek, stroom-op na nêrens verdwaal -
sinteties flans die stad ons saam.