Reaksionêr


Hy't nie geweet nie.
Was dit reaksie?

Snerpend skep die aandwind
'n geskeurde bloedbevlekte hemp.
Growwe hande het haar gil gedemp.
Geslote om die keel van 'n kind.

Ongesluk sy vergeet-die-verlede pil.
Oë rooi gekleurd, verwoes hy die hede.
Vitaliteit tot niet.
Eindig hy haar lied.
Hy't nie geweet nie.
Was dít reaksie?