Luikend hang die grot se bek
… drup … drup …
uit klamme rotskristal
vloei die lewensvog.
Kabbel die silwer stroompie
seewaarts op sy tog.
Roes en smoor in menserot,
sak en blik,
slakke in slym verdik.
Swaar gelaai met al ons vrot.
Nog 'n spruit verstik
borrel en stol
sy lewe in slik.