Slotsom


Ai tog, so spesiaal
Die seremonie dan —
erkenning van jare se diens.
5, 10, 15 en twintig jaar.
'n Paar op 25, minder oof dertig,
enkeles op 35 en 40.
En die jaar is daar niemand op 45 of 50 nie.

… en dis dan soortvan waar dit eindig.

… en elke jaar, met die
seremonie vra ek myself af:
“So, is dit dan die slotsom
van wie ek is?”