Jy, soos jy is, is goed.
Jy het, soos jy is, gebreke.
Nou dat jy deur jou hart …
Nou dat jy deur jou verstand
die Gees se invloed inneem,
en in jouself herken,
wil jy daai pad getrouer volg.
Nou kan jy self sien
dat waar jy nou is
goed is, maar onvoldoende —
dat jy volhoubaar verbind bly,
strewend tot harmonie en eenwording
en van liefde getuig
as die weg van geluk.