Sy morele inbors,
maak hom boring en kietsch,
ontangel sy veelbesprokenheid
en daai flits van teenstrydigheid
wat die scoop verkoop.
Jy's beroof van sensasie,
en borderline morality
wat hom op jou lippe plaas,
en sy history in jou pen
laat kriewel
dat hy soos 'n jy weet wat
in die lug bly hang.
Vir nou sal hy sluimer
maar eendag sal sy voorbeeld
jou dalk nog red.