Ons strewes poog op
na 'n beskawingsgrootheid.
Daar beur ek in die kolk
om van die klasbewuste
los te ruk.
Ek wil 'n egtheid van geluk beleef,
wat ek my eie noem.
Met ruimte vir versnellings en oorstromings,
waar emosie oor die rotse spoel
wat met verbeeldingskleur verflans;
om
as gedagte eggo's
beslag te gee
aan my bestaansreg
in surrealisme.