Vir laatnag luisteraars
span die melodieë
die ure soos rubber
oor die donker inhoud
van die nag.
Buite die raakvat
van woorde
streel my gedagtes
oor die abstrakte in kuns,
die vorm van die wolke
en met enige ander
willekeur van lyne
sien ek ons:
simbolies verbind.